MPUMALANGA – Maria Elizabeth Berrange (81) is beseer en Izak Johannes Berrange (81) dood in hul huis in McDonaldstraat op Belfast aangetref deur ‘n kleinseun wat hul Donderdag wou besoek.
Brig. Selvy Mohlala sê die bejaarde vrou is met sigbare beserings gevind waar sy op die vloer gelê het. Sy is na ‘n hospitaal geneem waar sy om haar lewe veg. Die bejaarde man wat bebloed op ‘n stoel gelê het, was egter dood.
Die polisie is saam met nooddienste na die toneel ontbied. Tydens ondersoek is gevind die bejaarde egpaar se voertuig, ‘n Nissan Sentra, is vermis. Dis later in Du Plooystraat gevind. ‘n .22-geweer is ook gesteel.
Sake van huisroof en moord word ondersoek.
Marcelle Maritz van die Vryheidsfront Plus het die bejaarde vrou in die hospitaal besoek.
“Besoek ‘n vriendin in privaat hoedanigheid wie se skoonpa oom Izak wreed doodgeslaan is, gaan baie sleg met die tannie vergesel deur Johan Prinsloo . Ons bejaardes word wreed vermoor.”
Bron: SAPD en Marcelle Maritz Vryheidsfront Plus Limpopo
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



