Kyk: SAPD skop plan vir veiliger feestyd af – beslagleggings van R75 m. en aanlyn graderingsplatform geloods

Deel hierdie storie / Share this story

Verskeie video’s van polisie in aksie in berig ingesluit.

WES-KAAP. – Met die afskop van die polisie se landwye operasie Safer Festive Season is daar Vrydag op R75 miljoen se vervalste goedere en R200 000 in kontant by ‘n winkelsentrum in Bellville beslag gelê.

In ‘n gesamentlike verklaring sê Lirandzu Themba, woordvoerder van die polisieminister en brig. Athlenda Mathe, nasionale woordvoerder, sigbaarheid word in die aanloop na die feesseisoen verhoog en intense operasies sal plaasvind om beslissend teen misdaad en kriminele op te tree.

Meer padblokkades, sowela as stop-en-deursoeking, asook opsporing van gesoekte misdadigers kan verwag word.

Bheki Cele het 36 voertuie in die Wes-Kaap oorhandig om in die stryd teen misdaad te help en om meer sigbaarheid in bende-gesteisterde gebiede, waar moord aan die orde van die dag is, te verhoog.

Hierdie jaar sal die jaarlikse Festive Season Operational Plan wat gister in al die provinsies geloods is se fokus geslagsgebaseerde geweld, bekamping van ernstige en gewelddadige misdaad soos rooftogte met verswarende omstandighede, grensbeveiliging, versterking van verordeninge, padveiligheid, asook onwettige mynbou insluit.

“We are not going to co-govern with criminals. We are going toe-to-toe with them, our priority is the safety and security of all the inhabitants of this country and their property, police officers are instructed to also sharpen their responses to the most vulnerable in society, during the holiday period and beyond.”, het minister Cele gesê.

Wat kan die publiek doen om hulself met dienslewering te laat hoor?

Om dienslewering te verbeter, is ‘n aanlyn graderingsplatform met ‘n vraelys by elke polisiestasie regdeur die land beskikbaar sodat die publiek die diens wat hulle van die polisiestasie wat hulle gebruik, kan gradeer. Diens kan dadelik of later gegradeer word.

Die polisie hoop hierdie inisiatief sal lede van die publiek die geleentheid gee om voorstelle vir die verbetering van dienslewering te maak.

“We encourage all people to rate every single service they receive from us so that we can have a clear picture of our performance in an effort to enhance our service offering. We want to win back the trust of our communities and we can only do so if we deliver and intervene if there are gaps “ sê genl. Fannie Masemola.

Polisiebestuur moedig polisielede aan om meer moeite te doen met professionele en effektiewe dienslewering, wat die publiek van die polisie verdien.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel