KWAZULU-NATAL. – Vroeër vanoggend is die bestuurder van ‘n vragmotor vanuit die wrakstukke van die kajuit gered nadat hy op die R34 naby Gluckstadt beheer oor die vragmotor verloor en dit gerol het.
Chantelle Botha van KwaZulu Private Ambulance Service sê paramedici het een persoon gevind wat ernstige beserings opgedoen het en in die wrakstukke van die vragmotor se kajuit vasgekeer was.
Botha sê noodreddingsdienste (EMRS) het vir twee uur saam met Kwazulu Private Ambulance Service gewerk om die beseerde met behulp van gespesialiseerde reddingsgereedskap te red.
Die beseerde persoon is vir verdere mediese behandeling na ‘n hospitaal vervoer.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



