WES-KAAP. – ‘n Bakkie met drie insittendes, ‘n vrou en twee mans, is Donderdagaand van ‘n glipweg (bootlanseerplek) by Harbour Island in Gordonsbaai die water in. In ‘n video-opname wat deur Julian Jansen gedeel is, kan gesien word hoe die bakkie uit die water gesleep word.
Roan Strydom van NSRI-stasie 9 sê hulp is om 20:45 ontbied.
Seereddingswemmers en bemanning is geaktiveer. Twee reddingswemmers wat deur ‘n omstander bygestaan is, het die water ingegaan en al drie die insittendes van die bakkie gered.
Die omstander het die bewustelose vrou van die voertuig gehaal, maar die mans wat gered is, was in ‘n goeie toestand.
KPR is met behulp van verskeie nooddienste, NSRI, GBmed en ER24, toegepas. Die vrou het haar bewussyn herwin en is deur ER24 na ‘n hospitaal vervoer.
Die voertuig is in die water gelaat en is die volgende dag uit die water gesleep.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



