GAUTENG. – Sarika Paul (39) het op klagtes van bedrog in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Palm Ridge-landdroshof verskyn, waarna sy op borg van R10 000 vrygelaat is. Die saak is tot 28 November uitgestel.
Kol. Katlego Mogale sê Paul het haarself op 12 Oktober aan owerhede oorgegee.
Mogale sê volgens rapportering was Paul ‘n PharmaQ (EDMS) Bpk.-koper. Sy het na bewering goedere van diensverskaffers gekoop en hulle glo vier keer die oorspronklike besigheidsprys gevra. Paul het daaruit baat gevind omdat sommige van die diensverskaffers deur familiedede besit is.
Sy het glo haar persoonlike Absa- en FNB-bankrekening vir die oorplasing van geld van diensverskaffers gebruik.
Mogale sê: “PharmaQ (EDMS) Bpk. het ‘n werklike verlies van R2 623 246.99, gely.”
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



