Voormalige polisiebeampte en administrasieklerk oor gesteelde R150 000 gevonnis

Deel hierdie storie / Share this story

NOORDWES. – Pauline Rabase (52), ‘n voormalige polisiebeampte verbonde aan die Potchefstroom-blitspatrollie en Lesego Motsamai (46), ‘n voormalige administrasieklerk by die Klerksdorp-polisie, is Woensdag in die Klerksdorp-hof vir diefstal en huisbraak met die doel om te steel, gevonnis.

AO Amogelang Malwetse sê die twee is onderskeidelik agt jaar tronkstraf opgelê wat in geheel vir vyf jaar opgeskort is.

‘n Inbraak het tussen 14 Desember 2007 en 3 Januarie 2009 by ‘n polisiestoorfasiliteit plaasgevind waar ‘n kluis met kontant ter waarde van R150 000, gesteel is.

Ondersoek in die saak het tot die inhegtenisneming van Rabase, Motsamai en Ivan Smous (38), wat voordat die verhoor kon begin het, oorlede is, gelei.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel