Polisie vra vir hulp na poging tot roof

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Israel waarsku Gaza-inwoners om te ontruim

KIMBERLEY. – Kimberley se moord-en-roof-eenheid het gevra vir hulp na ’n poging aangewend is om ’n bekende besigheid in die sakekern te beroof.

’n Onbekende Afrikaanssprekende man met vuil klere en ’n blou mus oor sy gesig het na bewering Dinsdag 22:10 by die besigheid ingegaan terwyl die werknemers besig was om te sluit. Die man het deur ’n klein venster by die onderneming ingeklim met ’n wapen, wat soos ’n swart speelgoedgeweer gelyk het.

Die man het die werknemers vir geld gevra. Hy is weg sonder om die besigheid te beroof of enigiemand seer te maak. Hy het deur die klein venster waar hy ingegaan het ontsnap.

Die polisie het gevra enigiemand met inligting moet die polisiekantoor skakel.

Bronne: OFM, DFA, SAPS

Lees ook: Israel waarsku Gaza-inwoners om te ontruim