Lees ook: Israel sê geen water, krag of kos vir Gaza tot gyselaars vry is nie
GAZA. – Israel het die 1.1 miljoen inwoners wat in die noorde van Gaza bly, gewaarsku om die stad binne 24 uur te ontruim.
Die opdrag het vrees laat toeneem dat Israel van plan is om ‘n grondaanval te loods op Hamas, wat hulle sê onder die huise in die stad in tonnels versteek bly.
Die vrees is dat die dodetal wat reeds hoog is, verder sal styg as die Israeliese weermag ’n grondaanval loods en die geveg van huis-tot-huis voortsit.
Hamas het gesê die inwoners moet in hulle huise bly en die Israeliese waarskuwing afgemaak as vals proaganda en ‘n poging om inwoners te verwar.
Israel het foto’s beskikbaar gestel van die geweld deur Hamas gepleeg, insluitend foto’s van die liggame van babas wat verbrand is..
Bronne: Mirror, Evening Standard, Houston Chronicle
Lees ook: Israel sê geen water, krag of kos vir Gaza tot gyselaars vry is nie



