Drie dood en 20 beseer in massa-ongeluk by berugte kruising

Deel hierdie storie / Share this story

GAUTENG. – Drie persone is gistermiddag op die N14 naby Krugersdorp in die Wesrand dood en twintig ander beseer in ‘n ongeluk waarby verskeie voertuie betrokke was. Verskeie gru-ongelukke het reeds in die verlede by hierdie spesifieke kruising plaasgevind.

Emer-G-Med sê met aankoms van paramedici op die gru-toneel is verskeie beskadigde voertuie aangetref wat in die pad en teen walle langs die pad tot stilstand gekom het.

Volgens ‘n vroeëre plasing is vermoed ‘n vragmotor het deur die kruising geploeg.

‘n Triage-area is onmiddellik ingestel en meer hulpmiddele is deur Emer-G-Med aangevra.

Drie persone is met aankoms op die toneel deur paramedici dood verklaar. Nog drie wat kritiek beseer is, is vir verdere mediese hulp deur ‘n Netcare911-helikopter na ‘n spesialisfasiliteit gevlieg. Ander beseerdes is op die toneel gestabiliseer en met ambulanse na nabygeleë hospitale geneem.

Dit is onduidelik wat die ongeluk veroorsaak het, maar die SAPD was op die toneel om ondersoek in te stel.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel