Lees ook: Gaza verloor krag, kos raak minder terwyl Israel-Hamas oorlog voortgaan
GAZA. – Israel het gesê hulle gaan seker maak Gaza kry geen kos, water of elektrisiteit nie tot Hamas hulle gyselaars vrylaat nie. Israel het ook Gaza se grens met Egipte geblokkeer.
Hamas het Saterdag minstens 170 gyselaars ontvoer toe hulle Israel ingeval het. Hamas het gedreig om die gyselaars dood te maak as Israel Palestynse burgers sonder waarskuwing doodmaak. Die enigste kragsentrale in Gaza se brandstof het opgeraak dus het hulle geen elektrisiteit nie. Voedsel is ook min en sal moontlik nie vir langer as ’n week hou nie.
Internasionale groepe het gewaarsku die dodetal in Gaza kan styg soos hulle kos en water opraak.
Daar is reeds minstens 2 600 mense dood vandat die oorlog begin het en duisende is gewond.
Bronne: The Week, BBC, The Guardian
Lees ook: Gaza verloor krag, kos raak minder terwyl Israel-Hamas oorlog voortgaan



