Bejaardes met skietwonde in plas bloed gevind

Deel hierdie storie / Share this story

KWAZULU-NATAL. – Die liggame van twee bejaardes, ‘n man en sy vrou, vermoedelik in hul 80’s, is vroeër vandag in Wellingtonstraat in Westville-Noord, wes van Durban in ‘n plas bloed gevind.

Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê ‘n oproep vir mediese bystand is net na 11:30 ontvang.

Met die aankoms op die toneel het ‘n tuinier paramedici ingelig hy het vir werk opgedaag, maar kon nie toegang tot die perseel verkry nie. Hy kon die twee bejaardes, ‘n man en sy vrou, op die eetkamervloer in ‘n plas bloed sien lê.

ALS Paramedics het toegang tot die woning verkry en ‘n man en vrou met noodlottige skietwonde aangetref. Beide is op die toneel dood verklaar.

Die polisie het opgedaag en die toneel is vir ondersoek oorhandig.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel