Gaza verloor krag, kos raak minder terwyl Israel-Hamas oorlog voortgaan

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Israel val universiteit aan wat glo deur Hamas gebruik word

GAZA. – Die enigste kragsentrale in Gaza se brandstof het opgeraak, wat die stad sonder krag gelaat het. Die Israeliese weermag het hulle water en krag afgesny en daar is kommer dat die voedsel gaan opraak voor die oorlog verby is.

Daar is kommer vir hospitale wat staatmaak op elektrisiteit om die toerusting aan die gang te hou. Ongeveer 2 300 persone is reeds dood sedert Hamas Saterdag Israel aangeval het.

Die konflik kan versprei nadat die Iranse militante groep, Hezbollah, gesê het hulle het Libanon met vuurpyle bestook.

Bronne: SCMP, Mirror, Yahoo News, The Guardian

Lees ook: Israel val universiteit aan wat glo deur Hamas gebruik word