OOS-KAAP. – Marolien Schmidt (40), die fisioterapeut wat op Nasionale Vrouedag, nadat bure haar hoor skree het, met steekwonde in haar huis aangetref is, se moordenaar is gister deur die Gqeberha-hooggeregshof tot lewenslange tronkstraf gevonnis.
Kol. Priscilla Naidu sê Simxolele Zitshu (31) het skuldig gepleit op klagtes van huisbraak met die doel om te steel, roof met verswarende omstandighede en moord.
Schmidt is met aankoms by ‘n hospitaal dood verklaar.
Die veroordeelde moordenaar is vroegoggend, ‘n dag na die aanval, vasgetrek en het op 14 Augustus in die hof verskyn waarna hy sedertdien in aanhouding gebly het tot vonnisoplegging.
Die motief vir Schmidt se moord was roof. Zitshu het Schmidt se selfoon op die toneel gesteel.
Zitshu is buiten die lewenslange vonnis vir moord ook agt jaar tronk toe gestuur vir huisbraak en 20 jaar vir roof met verswarende omstandighede. Hy sal al die vonnisse gelyktydig uitdien.
Speurder-sers. Ridwaan Baaitjies is vir sy ondersoekwerk wat die suskesvolle skuldigbevinding verseker het, geprys.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



