Senzo Meyiwa-verhoor vertraag deur ‘verhoor-in-’n-verhoor’

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Geen DNS van beskuldigdes op Senzo Meyiwa-moordtoneel gevind

PRETORIA. – Die Senzo Meyiwa-moordverhoor is uitgestel tot môre om ’n “verhoor-in-’n-verhoor” toe te laat.

Dit volg na een van die verdedigingsprokureurs gevra het vir uitstel om die egtheid van die skulderkennings deur twee van die beskuldigdes te toets.

Muzi Sibiya en Bongani Ntanzi het ontken dat hulle polisieverklarings gemaak het waarin hulle skuld erken vir die moord op Senzo Meyiwa.

Die staatsaanklaer het gesê hy het bewyse vir die egtheid van die skulderkennings. Die verhoor-in-’n-verhoor sal dus wees om die egtheid van die skulderkennings vas te stel en te besluit of dit in die verhoor gebruik kan word.

Bronne: eNCA, EWN, SABC

Lees ook: Geen DNS van beskuldigdes op Senzo Meyiwa-moordtoneel gevind