Lees ook: Nandipha Magudumana bly in aanhouding
BLOEMFONTEIN. – Thabo Bester en sy medebeskuldigdes sal na verwagting vandag in die Bloemfontein-landdroshof verskyn.
Bester en sy 11 medebeskuldigdes word aangekla van verskeie aanklagtes insluitend bedrog, korrupsie, peuter met ’n lyk en die hulp met die ontsnapping van ‘n gevangene.
Nandipha Magudumana het glo op pad na die hof inmekaargesak. Haar prokureurs het bevestig sy het gister al siek gevoel en is deur ’n dokter ondersoek. Sy word nou deur paramedici behandel, maar sal na verwagting steeds in die hof verskyn.
Bronne: EWN, Algoa FM, IOL
Lees ook: Nandipha Magudumana bly in aanhouding



