Nandipha Magudumana bly in aanhouding

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Nandipha Magudumana vind vandag uit oor borgaansoek

BLOEMFONTEIN. – Nandipha Magudumana sal in aanhouding bly na haar borgaansoek afgekeur is. Landdros Estelle de Lange het gesê Magudumana is ’n vlugrisiko en sal nie vrygelaat word nie.

De Lange het ook gesê Magudumana kon nie die hof genoeg redes gee om haar op borg vry te laat nie.

Magudumana en haar kêrel, Thabo Bester, is in hegtenis geneem na sy hom glo uit die tronk help ontsnap het.

Die verhoor teen die groep beskuldigdes sal na die Bloemfonteinse-hooggeregshof geskuif word. Die saak is uitgestel tot 11 Oktober vir verdere ondersoek.

Bronne: IOL, SABC, Briefly

Lees ook: Nandipha Magudumana vind vandag uit oor borgaansoek