HERCULES, PRETORIA. – Celvin Seaborne (21) is nog ‘n beweerde slagoffer wat oorlede is in ‘n geveg wat op Saterdag 9 September 2023 in Mountain View uitgebreek het. Hy het glo omstreeks 04:50 ‘n bakleiery probeer stop.
Die BP-vulstasie op die hoek van Charl Cilliers- en Karel Trichardtstraat was as misdaadtoneel waar die jong man dood is, afkordon.
AO Johan van Dyk het aan FiND iT bevestig ‘n saak van moord word deur die Hercules-polisiestasie ondersoek.
Na bewering was die oorledene en sy meisie saam. Daar het glo ‘n argument tussen die meisie en insittendes van ‘n wit voertuig uitgebreek. Volgens Van Dyk is daar ‘n video-opname en getuies van die voorval toe Seaborne uit die voertuig klim en ‘n aanranding kon afweer. ‘n Geveg het glo aan die ander kant uitgebreek waar hy probeer het om die bakleiery te stop.
Die verdagte het hom na bewering aangerand, waarna hy op die grond geval en op die toneel dood verklaar is.
Volgens Van Dyk is die verdagte in hegtenis geneem en aangekla en sal vandag in die landdroshof verskyn.
Charlotte Seaborne, die oorledene se ma, het die afgelope dae haar hartseer oor haar seun se dood in sosialemediaplasings gedeel en is op soek na antwoorde.
Sy het ondermeer gesê sy weet nie hoe sy die verdagte vandag in die landdroshof in die oë gaan kyk sonder om haat- of moordgedagtes te kry nie.
“Hoe doen ek dit vandag seun? Hoe moet ek jou vir die laaste keer gaan baai sê? Hoe moet ek jou ID laat stamp “Deceased”? Nee man dis mos nie reg nie.”
“So baie mense staan agter jou. Ons bid dat daai lafhard nie vandag bail kry nie. Hoe moet ek hom 9 uur vanoggend in die hof gaan face sonder enige haat of moord gedagtes myself?
“Ek kan hierdie nie doen nie.
“Jy is my baby seun, hoe kan jy my verlaat, hkm nie nog ‘n bietjie gebly nie
“Ek jou nog so nodig gehad
“Ai my seun….ek lief jou so baie
Bronne: SAPD, Charlotte Seaborne Fb
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



