Lees ook: Man wat glo onderwyseres by skool aanval dood gevind
KZN. – ‘n Sekuriteitsbeampte is onder polisiebewaking in die hospitaal na hy glo sy voormalige meisie, haar nuwe kêrel en haar kinders geskiet het.
Die man het na bewering Saterdag na sy voormalige meisie se huis in die Nhlalakahle- informele nedersetting gegaan.
Hy en sy eks het glo baklei waarna die verdagte hulle geskiet het. Die meisie (27), haar kêrel en een kind (3) is op die toneel dood verklaar. Die ander kind (2) is in ‘n kritieke toestand na ‘n hospitaal geneem.
Die verdagte is in die Bishopstowe-pad gekry waar hy glo homself in ‘n selfdoodpoging geskiet het. Hy is in ‘n kritieke toestand na ‘n hospitaal geneem.
Die polisie ondersoek drie aanklagtes van moord en een aanklagte van poging tot moord.
Bronne: IOL, ECR, News24
Lees ook: Man wat glo onderwyseres by skool aanval dood gevind



