Lees ook: Onderwyseres glo voor leerlinge deur kêrel met mes aangeval
DURBAN. – Die man wat glo sy meisie, ’n laerskoolonderwyseres, by die skool waar sy werk, met ’n mes aangeval het, is dood gevind.
Sakhiseni Nene (27) het Maandag by die skool aangekom en aangedring hy wil Ngcinaphi Fakude (23) sien. Hy is weggewys, maar het teruggegaan met ’n mes gewapen, waarna hy ingelaat is. Hy het Fakude glo in die personeelkamer voor haar kollegas en leerlinge aangerand na hulle ’n argument gehad het.
Nene se liggaam is Woensdag gekry waar hy van ’n boom in ’n bos hang. Die polisiewoordvoerder het gesê dit lyk of Nene van ‘n krans afgespring het en in die boom geland het.
Fakude is in ‘n stabiele toestand, by haar bewussyn, in die hospitaal.
Bronne: Briefly, Head Topics, The Citizen
Lees ook: Onderwyseres glo voor leerlinge deur kêrel met mes aangeval



