Lees ook: Polisiebeampte in Senzo Meyiwa-moord erken hy het ‘geraai’ tydens getuienis
KWAHLABISA, KZN. – ‘n Laerskoolonderwyseres is in kritieke toestand in die hospitaal na sy Maandag by die skool waar sy werk deur haar kêrel aangerand is .
Die man het by die skool probeer inkom, maar is toegang geweier. Hy het teruggekom met ‘n mes en is ingelaat. Hy het na die personeelkamer gegaan en die onderwyseres voor leerlinge met die mes aangeval.
Sy het lyfbeserings en beserings aan haar gesig en skedel tydens die aanval opgedoen.
Die man is nog nie in hegtenis geneem nie.
Bronne: Briefly, ECR, The Citizen
Lees ook: Polisiebeampte in Senzo Meyiwa-moord erken hy het ‘geraai’ tydens getuienis



