Lees ook: ‘Siek en moeë’ polisiebeampte getuig weer in Senzo Meyiwa-moordsaak
PRETORIA. – AO Thabo Mosia het gister erken hy het “geraai” oor die tye toe hy voorheen in die Senzo Meyiwa-moordverhoor getuig het.
Mosia was een van die eerste polisiebeamptes op die Senzo Meyiwa-moordtoneel in 2014. Hy is gevra om weer te getuig oor teenstrydighede in sy vorige getuienis.
Mosia het in sy vorige getuienis gesê hy is weggeroep na twee ander misdaadtonele, maar dat hy om 06:00 die volgende oggend terug was op die Meyiwa-moordtoneel. In sy notaboek het hy geskryf hy was 10:25 eers weer op die toneel.
Die verdediging het gevra hy moet die verskillende tye opklaar en Mosia het toe erken hy het nie sy notaboek gehad om voor te berei vir sy getuienis nie, gevolglik het hy “geraai”.
Mosia het ook voorheen getuig die notaboek was weg en dat hy dink die inskrywing oor die tyd in die notaboek is verkeerd.
Bronne: EWN, The Citizen, The Africa, Head Topics
Lees ook: ‘Siek en moeë’ polisiebeampte getuig weer in Senzo Meyiwa-moordsaak



