Markus Jooste se regspan vra vir nog laer boete

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Twee van Markus Jooste se medebeskuldigdes gevonnis

PRETORIA. – Markus Jooste, die voormalige Steinhoff-hoof, was nie gister self teenwoordig by die Finansiëledienstetribunaal in Pretoria nie.

Jooste se regspan moes ‘n laer boete beding nadat ’n R161 miljoen administratiewe boete vir binnehandel hom deur Die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor (FSCA) opgelê is. Die bedrag is met 90% verminder na R20 miljoen. Jooste het deur middel van sy regspan aangevoer hy is werkloos en het geen inkomste nie, dus moet die bedrag nog verminder word.

Jooste het glo ’n boodskap aan vier van sy vriende gestuur terwyl hy nog die hoof van Steinhoff was en hulle aangeraai om ontslae te raak van hulle Steinhoff-aandele. ’n Lasbrief vir Jooste se inhegtenisneming is in Oldenburg, Duitsland uitgereik, na hy nie vir sy hofverskyning opgedaag het nie. Duitsland werk aan ’n uitleweringsversoek vir Jooste.

Bronne: The Citizen, Netwerk24, News24

Lees ook: Twee van Markus Jooste se medebeskuldigdes gevonnis