Lees ook: Getuie in Senzo Meyiwa-saak sê beskuldigdes het sy dood gevier
PRETORIA. – Die toelaatbaarheid van konst. Sizwe Zungu se verklaring sal waarskynlik vanoggend betwis word na die verdediging Zungu se beëdigde verklaring bevraagteken het.
Zungu het verlede week getuig hy het die vyf mans, beskuldig van die moord op Senzo Meyiwa, die naweek van sy moord gesien. Zungu het getuig hulle het vuurwapens gehad en dat hulle geweet het Meyiwa is dood voor die nuus bekend was. Hy het gesê hulle het sy dood met drank gevier.
Hy het ook getuig die families van twee van die beskuldigdes het hom probeer doodmaak toe hy vrae oor Meyiwa se dood begin vra het.
Die staat het gesê konst. Zungu se verklaring voldoen aan alle vereistes in die hof toegelaat te word, maar die verdediging het gesê hulle het Zungu se oorspronklike notas nodig. Hy het getuig sy eerste verklaring was met die hand geskryf en toe later oorgetik. Die verdediging het ook teenstrydighede in Zungu se verklaring uitgewys.
Bronne: EWN, Cape Talk, IOL
Lees ook: Getuie in Senzo Meyiwa-saak sê beskuldigdes het sy dood gevier



