Getuie in Senzo Meyiwa-saak sê beskuldigdes het sy dood gevier

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Senzo Meyiwa-moordsaak hervat na uitstel

PRETORIA. – ’n Polisiebeampte wat by ’n koshuis in Vosloorus was tydens die moord op Senzo Meyiwa het aan die hof vertel die beskuldigdes het Meyiwa se dood met drank gevier.

Konst. Sizwe Zungu, wat die beskuldigdes ken, het getuig hy was die dag van Meyiwa se dood saam met hulle terwyl hy by sy nefie in Vosloorus gekuier het. Hy het gister getuig beskuldigde nommer een, Muzikawukhulelwa Sibiya, het ‘n bottel whiskey gehad en vir hom gesê Senzo Meyiwa is dood. Hy het gesê die beskuldigdes het Meyiwa se dood gevier voor die nuus bekend was.

Zungu het getuig die gesprek het gevolg na Sibiya, Bongani Sandiso Ntanzi en Mthobisi Mncubet met vuurwapnes die kamer ingekom het. Ntanzi het nie ‘n vuurwapen gehad nie. Sibiya en Mncube het die vuurwapens vir Zungu se neef gegee om dit veilig te hou. Terwyl Zungu besig was om met sy neef, Gwabini, te baklei oor die vuurwapens het Ziphozonke Maphisa en Fisokuhle Ntuli by die kamer ingekom.

Zungu het gesê Ntuli het ’n swart hemp aangehad en het dadelik ’n grys hemp aangetrek en Mncube het dreadlocks gehad. Hy het getuig hy was agterdogtig, want hulle het gelyk soos die beskrywing van die verdagtes in Senzo Meyiwa se moord.

Zungu het gesê hy het in 2018 met sy vermoedens na sy baas gegaan, maar sy baas het gesê hulle moet vir sy eie veiligheid niks verder sê nie. Zungu het gesê die families van Sibiya en Ntuli het hom in 2019 probeer doodmaak.

Hy het gesê die pogings om hom dood te maak het opgehou toe hy vir Sibiya gevra het om met sy familie te praat.

Bronne: IOL, EWN, ECR

Lees ook: Senzo Meyiwa-moordsaak hervat na uitstel