Kimberley-baba gevind, vrou in hegtenis

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY, NOORD-KAAP. – Die pasgebore babadogter wat op Woensdag 6 September uit ‘n hospitaal in Kimberley gesteel is, is gevind en ‘n vrou (21) is in hegtenis geneem.

Lt.kol. Sergio Kock sê die baba, wat ongedeerd in ‘n huis in Greenpoint gevind is, sal vir mediese observasie geneem word en met haar ouers herening word.

Kimberley GKS het op ‘n wenk reageer waarna die baba mét haar klere by die vrou gevind is.

Bron: SAPD

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel