DENNILTON, LIMPOPO. – ‘n Verdagte (36) wat gedurende 2017 op parool vrygelaat is, word tans deur DNS aan 13 verkragtingsake gekoppel. Hy het Donderdag 7 September in die Moutse-landdroshof verskyn en bly in aanhouding tot sy borgaansoek op Maandag 11 September sal voorkom.
Kol. Malesela Ledwaba sê die verdagte het glo die gemeenskap tussen Desember 2017 en Januarie 2023 geterroriseer.
Sy slagoffers in aangemelde sake van aanranding, verwurging en verkragting is tussen die ouderdomme van 10 en 20 jaar.
Tydens een van die vele insidente het hy na bewering gedurende Maart 2021 omstreeks 23:00 ‘n woning waar ‘n 10-jarige alleen was binnegegaan en haar gewurg, voordat sy verkrag is.
Bron: SAPD
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



