Vier dood en nóg beseer in Weskus-ongeluk

Deel hierdie storie / Share this story

WESKUS. – Vier persone is dood en verskeie passasiers is beseer toe ‘n bakkie vanoggend tussen Velddrif en St. Helenabaai gerol het.

West Coast Medical Rescue sê Metro EMS is saam met hulle ontbied om met die beseerdes te help.

Die passasiers wat matige tot ernstige beserings opgedoen het, is op die toneel gestabiliseer voordat hulle vir verdere mediese behandeling na ‘n hospitaal geneem is.

Die pad is vir ondersoek deur owerhede gesluit.

Bron: Westcoast Medical Rescue

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel