‘Gesteelde’ baba veilig in ma se arms

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY, NOORD-KAAP. – Die babadogter wat op Woensdag 6 September 2023 omstreeks 17:00 uit die kraameenheid van ‘n hospitaal “gesteel” is, is veilig by haar ma terug. ‘n Vrou (21) van Greenpoint sal vir beweerde ontvoering in die hof verskyn.

Lt.kol. Sergio Kock sê polisielede het op Vrydag 8 September 2023 ‘n wenk opgevolg en omstreeks 09:00 die baba by die vrou, wat die verdagte in die saak is, teruggevind.

Die babadogter is medies ondersoek en daarna met haar ouers herenig.

Die verdagte sal binnekort vir ontvoering in die Kimberley-landdroshof verskyn.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel