Lees ook: Nandipha Magudumana bly in aanhouding
BLOEMFONTEIN. – Thabo Bester en Nandipha Magudumana het glo Vrydag ’n eisbrief na NB Publishers, GroundUp News en verskeie boekverkopers deur hulle prokureurs gestuur.
Hulle het ’n digitale weergawe van die boek deur die GroundUp-joernaliste genaamd The Thabo Bester Story: The Facebook Rapist, the Celebrity Doctor and the Escape from Cell 35, aangevra.
Die prokureurs het gesê as hulle nie die digitale kopie van die boek kry nie, sal Bester en Magudumana ’n interdik kry om die vrystel van die boek te keer.
Die brief het aangevoer Bester en Magudumana het nie toestemming gegee vir die boek om geskryf of gepubliseer te word nie. “Daar is ook geen onderhoude gevoer met Bester of Magudumana nie, so dit veroorsaak kommer oor die akkuraatheid van die boek se inhoud,” volgens die prokureurs.
Bester het by monde van sy prokureurs gesê hy wil nie deur die media verhoor word voor die saak in die hof opgelos is nie.
Bronne: Daily Maverick, Algoa FM, GroundUp
Lees ook: Nandipha Magudumana bly in aanhouding



