Lees ook: Buitelanders vermoor, ontvoer of vermis na Hamas-aanval
ISRAEL. – Die konflik tussen Israel en Hamas wat Saterdag ontplof het toe Hamas ‘n verrassingsaanval van ongekende skaal teen Israel geloods het, duur voort.
Minstens 1 200 persone het reeds in Israel omgekom en duisende is beseer na Hamas Israel op 7 Oktober met vuurpyle bestook het. Minstens 170 persone is uit Israel ontvoer en as gyselaars na Gaza geneem. Hamas het gedreig om hulle dood te maak as Israel Palestynse burgers sou aanval.
Israel het vanoggend in die bestek van ‘n uur minstens 250 vuurpyle op Gaza laat reën. Die verdedigingsminister van Israel, Yoav Gallant, het gesê: “Gaza sal spyt wees oor die aanval en sal nooit weer wees soos dit was nie”. Hy het ook gesê hulle gaan seker maak geen geboue bly staan nie. Minstens 950 persone is reeds in Gaza dood en sowat 5 000 is gewond.
Verskeie lande het hulle burgers wat in Israel is begin ontruim namate die konflik voortduur.
Bronne: CNN, Daily Mail, IOL
Lees ook: Buitelanders vermoor, ontvoer of vermis na Hamas-aanval



