KWAZULU-NATAL. – ‘n Bejaarde man (77) is Dinsdag beseer toe sy voertuig in Packostraat in Temple Valley oor sy voet gery het.
Reaction Unit South Africa sê die man het by die ingang van sy oprit gestop en wou die hek oopmaak toe sy Toyota Tazz begin rol en oor sy voet ry. Hy het probeer om die voertuig te keer, maar was onsuksesvol.
Hy is vir beserings behandel voordat hy per ambulans vir verdere mediese behandeling na ‘n hospitaal geneem is.
Bron: Reaction Unit South Africa
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



