Lees ook: Verdagtes in Nick Frischke-saak vandag weer in hof
KAAPSTAD. – Die staat is besig om aparte sake teen die vyf beskuldigdes in die Nick Frischke-saak te bou. Frischke het op 14 Februarie verdwyn toe hy op Hangberg gaan stap het. Hy word steeds vermis.
Igshaan Fisher, Jason Adonis, Vanroy Petersen, Carlo Guenantin en Melvin Guenantin is as verdagtes in hegtenis geneem vir roof nadat hulle met Frischke se rugsak en beursie in besit gevind is.
Hulle word aangekla van roof met verswarende omstandighede en besit van ’n vuurwapen. Hulle word ook ondersoek vir die moord op Frischke.
Die staat het gevra dat die saak uitgestel word sodat dit vier verskillende sake teen die beskuldigdes kan konsolideer. Die saak is tot 9 November uitgestel.
Bronne: EWN, Cape Talk, TimesLIVE
Lees ook: Verdagtes in Nick Frischke-saak vandag weer in hof



