VRYSTAAT. – ‘n Man (77) en vrou (71) is gisteraand dood in hulle woning in Ryk Tulbachstraat in Noordhoek naby Bloemfontein, gevind. Die Navalsig-polisie is op soek na verdagtes.
Lt.kol. Thabo Covane sê die egpaar is Sondag laas omstreeks 12:00 deur die bure by hulle huis gesien. Gister kon hulle nie telefonies bereik word nie en die bure het ondersoek ingestel.
Met aankoms was die hekke toe en die hulp van die polisie is ingeroep. ‘n Patrollievoertuig is omstreeks 19:20 na die adres gestuur.
Die bejaarde man is by die deur in ‘n plas droë bloed gevind. Met verdere ondersoek is die vrou se lewelose liggaam binne die huis gevind. Beide is op die toneel dood verklaar.
Die oorledenes het wonde, vermoedelik deur ‘n stomp voorwerp toegedien, aan die kop en lyf gehad. Misdaadtoneeldeskundiges het die toneel vir leidrade gefynkam.
Die Navalsig-polisie het ‘n dossier vir ‘n dubbele moord geopen en vra enigiemand met inligting wat tot die inhegtenisneming van verdagtes kan lei om AO Shuping Fihla by 082 4656 040 te bel.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



