BLOEMFONTEIN. – ‘n Ma (36) is vir die beweerde verwaarlosing van haar babaseun (10 mnde.) in hegtenis geneem toe sy hom Donderdag 5 Oktober omstreeks 21:45 in ‘n voertuig buite ‘n kroeg in Wilgehof gelos het.
Kapt. Lorraine Earle sê die ma het na bewering die baba in die voertuig gelaat sodat sy in die kroeg kon gaan drink. Sy is in hegtenis geneem en die babaseun is na ‘n plek van veiligheid geneem.
Die ma het vir kindermishandeling in die Bloemfontein-landdroshof verskyn, waarna die saak vir borgaansoek tot 12 Oktober uitgestel is.
“Die aanklag van kinderverwaarlosing is na kindermishandeling verander ná die maatskaplike werker beserings aan die baba aan die polisie uitgewys het,” volgens kapt. Earle.
Kapt. Earle sê ‘n video-opname van die voorval is op sosiale media versprei.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



