Grimes dagvaar Elon Musk vir fisiese toesig oor hulle kinders

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Elon Musk sê hy het ’n Oekraïense aanval op Russiese bote blokkeer

VSA. – Die sanger Grimes het Elon Musk op 29 September gedagvaar vir fisiese toesig en ouerlike regte oor hulle drie kinders.

Grimes, regte naam Claire Boucher, wil fisiese toesig oor die paar se drie kinders hê, asook gesamentlike wettige toesig oor die kinders.

Musk het haar glo drie weke gelede gedagvaar “om ’n ouer-kind-verhouding met die kinders te bou”. Grimes het gevra dat sy dagvaarding uitgegooi word. Sy het ook ’n beskermingsbevel gekry wat sal keer dat die kinders uit Kalifornië geneem word sonder skriftelike toestemming van beide haar en Musk of ’n hofbevel.

Sy het ook vir die regter gevra dat Musk haar regskoste moet betaal.

Grimes het voorheen gesê sy wil haar kinders beskerm van die openbare oog, ’n besluit wat Musk glo nie respekteer het nie, aangesien hy foto’s van hulle oudste seun op X geplaas het. Grimes het ook ’n plasing op X gemaak waarin sy vir Musk gevra het om haar toe te laat om haar seun te sien of hy moet haar prokureur antwoord. Die plasing is baie vinnig daarna verwyder.

Bronne: IOL, Business Insider, Daily Voice

Lees ook: Elon Musk sê hy het ’n Oekraïense aanval op Russiese bote blokkeer