Victoria Beckham praat oor beweerde ‘buite-egtelike verhouding’ in dokumentêr

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Polisieman van Mpumalanga in hegtenis wat glo vrou met bottel doodsteek

Netflix het ‘n nuwe dokumentêr oor David Beckham gemaak wat die week op die kassie verskyn het. In die dokumentêr praat Victoria Beckham oor die beweerde buite-egtelike verhouding wat haar man glo in 2003 gehad het terwyl hy vir Real Madrid sokker gespeel het.

Victoria het gesê dit was vir hulle ‘n baie moeilike tyd. Dit het gevoel of die hele wêreld teen hulle was, trouens, hulle was teen mekaar terwyl hulle in Spanje was. Die paar het nie gepraat oor die detail van wat gebeur het nie.

Victoria het erken sy het haar man in daardie stadium verwyt, want hulle is agtervolg vandat sy en die kinders in Spanje aangekom het.

David het ook gesê die stories het hulle laat voel of hulle “verdrink” en dat hy nie weet hoe hulle daardeur gekom het nie.

Bronne: BBC, Mail Online, Entertainment Tonight

Lees ook: Polisieman van Mpumalanga in hegtenis wat glo vrou met bottel doodsteek