Twee kinders oorlede aan ‘voedselvergiftiging’ in Gauteng

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Tieners dood wat glo Somaliese winkeleienaar wou beroof

WES-RAND. – Twee kinders is oorlede na hulle Woensdag glo “giftige kos” by ‘n taxistaanplek geëet het.

Die twee kinders is glo oorlede aan “voedselvergiftiging” maar die amptelike oorsaak van hulle dood word steeds ondersoek.

Dit volg slegs dae na twee kinders (albei 4) oorlede is in Soweto na hulle glo koekies by ‘n buitelander se spazawinkel geëet het.

Die polisie is besig om die sake te ondersoek.

Bronne: IOL, EWN, Jacaranda FM

Lees ook: Tieners dood wat glo Somaliese winkeleienaar wou beroof