VSA. – Charl Eduard Hertzog (23), voorheen van Bloemfontein in die Vrystaat, is Maandagaand laat in ‘n huis in Prospect, Louisville, Kentucky tydens ‘n beweerde skietongeluk dood. Hy is op die toneel dood verklaar.
James Small (20) is Dinsdag deur Louisville-moordspeurders in hegtenis geneem en vir onwillekeurige manslag en die peuter met bewysstukke, aangekla. Tydens sy inhegtenisneming het hy aan die polisie gesê hy het voor die skietvoorval alkohol gebruik en dagga gerook. Na die skietvoorval het hy weggehardloop en van die wapen ontslae geraak.
Hertzog se dood word op sosiale media betreur.
‘n Gedenkdiens sal op 21 Oktober by Snowpine Stables gehou word. Hertzog word deur sy ouers, Albert en Linn en suster Cayla oorleef.
Bron: Wave3.com. WDBR.com, Newsinfoclub.com, James Middlletrons 14, JBM Hertzog, Saalperd Suid-Afrika, Around the Arena Horshe Show Nostalgia – Heintz & Nitti
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



