Moordverdagte in Ben Gumbi-saak borg geweier

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Verdagte in Ben Gumbi-moord se borgaansoek heropen

RUSTENBURG. – Die verdagte in die Ben Gumbi-moordsaak is gister borg in die Rustenburg-landdroshof geweier.

Sibongiseni Ngubane kan aangekla word van voorbedagte moord. Ngubane is glo aangestel om die verdagtes van  Johannesburg na Rustenburg te vervoer. Hy is na bewering R15 000 daarvoor betaal.

Die aanklaer in die saak het gesê hulle het ‘n sterk saak teen Ngubane en hy het na bewering skuld erken  in die moord. Ngubane het gesê die polisie het hom aangerand tot hy skuld erken het.

Die ander drie verdagtes in die saak is steeds nie in hegtenis geneem nie. Die saak is tot 9 Januarie 2024 uitgestel.

Bronne: IOL, SowetanLIVE, News24

Lees ook: Verdagte in Ben Gumbi-moord se borgaansoek heropen