GAUTENG. – Inspekteurs van die Johannesburg-DBV is op die uitkyk vir ‘n leeu wat na bewering gisteroggend in Oakdene en later die middag naby The Glen-inkopiesentrum gewaar is.
Die DBV sê hulle het verskeie oproepe in dié verband ontvang, maar het ten spyte van soektogte nog nie ‘n leeu opgespoor nie.
Hulle maan die publiek om indien hulle die leeu gewaar nie die dier te nader nie, maar die inspekteur aan diens by 083 604 1172 te bel.
“We are not sure if it is true or not but we are not taking chances -in SA anything is possible!!”
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



