GAUTENG. – ‘n Man en vrou, 21 en 25 jaar oud, is gistermiddag beseer toe ‘n voetgangerbrug in Jeppestown tussen die Jeppe- en George Goch-treinstasies meegegee het en hulle op die treinspoor geval het.
Tintswalo Machate van Metrorail Gauteng sê nooddienste was op die toneel. Die beseerdes is vir mediese behandeling na Charlotte Maxeke-hospitaal geneem.
Oorhoofse toerusting is tydens die val beskadig. Metrorail was saam met tegniese spanne van Johannesburg Roads op die toneel om die skade te bepaal en vir die herstel van dienslewering te beplan.
Metrorail het tydelik dienste tussen Johannesburg en Germiston opgeskort.

Bronne: City of Joburg, PRASA en Johannesburg Roads Agency
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



