KWAZULU-NATAL. – Die ontbinde liggaamvan ‘n seun (15) wat op 28 September 2023 vermis geraak het, is Woensdagmiddag ongeveer 200 meter van sy huis gevind waar hy op ‘n lewendige onwettige elektriese konneksie in Vanrova gelê het.
Reaction Unit South Africa het ‘n oproep vir hulp van inwoners wat deel van ‘n soekgeselskap was, ontvang. Die seun se liggaam was in ‘n gevorderde stadium van ontbinding.
Ethekwini-elektrisiteitsdepartement moes eers die onwettige elektrisiteitsverbinding ontkoppel voordat die seun se liggaam verwyder kon word.
Wetstoepassingbeamptes was op die toneel.
Bron: Reaction Unit South Africa
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



