Suid-Afrika kompeteer dalk sonder vlag en volkslied oor wêreld anti-‘doping’ kodes

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Getuie in Senzo Meyiwa-saak erken hy het inligting van polisie weerhou

Die Springbokke en Proteas kan gedwing word om hulle Wêreldbekerwedstryde onder ’n neutrale vlag sonder die volkslied te speel.

Dit is die gevolg omdat die Suid-Afrikaanse regering glo nie betyds die sportwet aangepas het om te voldoen aan die vereistes van die Wêreldagentskap teen die gebruik van verbode middels (Wada) nie.

Meer as 700 lande se sportbeheerliggame en federasies het die nuwe kodes aanvaar, maar Suid-Afrika het nog nie wetgewing aangepas nie en het slegs tot 13 Oktober om aan die vereistes te voldoen. As Suid-Afrika nie teen daardie tyd aan die kodes voldoen nie, sal SA-spanne onder ’n neutrale vlag speel en die volkslied sal nie gesing word nie.

Die minister van sport,, kuns en kultuur, Zizi Kodwa, het gesê die regering is besig om daaraan te werk om die sperdatum van 13 Oktober te haal.

Bronne: Daily Maverick, IOL, SA Rugby Magazine

Lees ook: Getuie in Senzo Meyiwa-saak erken hy het inligting van polisie weerhou