Lees ook: Zungu gaan voort met getuienis in Senzo Meyiwa-moordsaak
PRETORIA. – ’n Getuie in die Senzo Meyiwa-moordsaak het tydens kruisverhoor erken hy het inligting wat die moord vroeër sou kon oplos van die polisie weerhou.
Konst. Sizwe Zungu is gister gevra waarom hy nie na vore gekom het toe hy uitgevind het van ’n inhegtenisneming in die moordsaak nie. Adv. Zithulele Nxumalo het gesê die persoon wat in hegtenis geneem is, is verkeerdelik geïdentifiseer wat nie sou gebeur het as Zungu na vore gekom het nie.
Zungu het gesê hy het nie geweet wie in hegtenis geneem was nie en kon nie inmeng by die saak nie. Hy het ook gesê hy was nie by Kelly Khumalo se huis nie.
Hy is gevra hoekom hy nie aan sy senior polisiebeampte gesê het hy was saam met mense wat aan die Meyiwa-moord verbind kan word nie. Hy het glo ook niks gesê toe die beampte vir hom sê hy gaan die saak ondersoek nie.
Zungu het gesê hy was nie seker of hulle betrokke was nie en wou hê die beampte moet na hom toe kom en vir hom sê wat gebeur het. Zungu het glo ook nie vir die ondersoekbeampte gesê van die tyd wat hy met die verdagtes deurgebring het nie.
Bronne: The Citizen, EWN, Mail & Guardian
Lees ook: Zungu gaan voort met getuienis in Senzo Meyiwa-moordsaak



