Lees ook: Senzo Meyiwa-moordsaak gaan voort
PRETORIA. – Konst. Sizwe Zungu sal na verwagting vandag verder in die Senzo Meyiwa-moordsaak getuig.
Zungu het gister getuig hy was saam met die vyf verdagtes op die dag van Meyiwa se moord. Zungu het getuig hy was in Vosloorus om by sy neef te kuier toe die verdagtes opdaag met vuurwapens en Meyiwa se dood met drank gevier het.
Hy het getuig beskuldigde nommer twee het ’n ander baadjie aangetrek en dat hulle senuweeagtig was. Die beskuldigdes het ontken dat hulle Zungu ontmoet het en het gesê hulle was nie by die hostel nie.
Bronne: EWN, The Citizen, IOL
Lees ook: Senzo Meyiwa-moordsaak gaan voort



