Lees ook: Monique Muller beskuldig Katlego Maboe van ‘finansiële mishandeling’
Monique Muller het privaat e-posboodskappe tussen haar en Katlego Maboe aangaande die kies van hulle kind se skool laat uitlek.
Muller het gesê Maboe het geweier om hulle seun na ‘n nuwe skool wat meer bekostigbaar is vir haar te stuur en dat hy slegs die helfte van die skoolgeld betaal het. Muller het gesê hulle kind is voorheen by ‘n skool uitgeskop omdat sy skoolgeld vir twee maande nie betaal is nie.
In die e-pos wat Muller laat uitlek het, het Maboe gesê hy en Muller moet gesaamentlik ooreenstem oor die skool vir hulle kind en dat hulle nog nie ooreengekom het nie. Hy het in die e-pos gesê hulle prokureurs is besig met die probleem.
Muller het op die skermgreep van die e-pos geskryf: “Enige ander voorstelle want as dit so gaan, gaan my kind sonder opvoeding wees volgende jaar.”
Muller het ‘n paar weke gelede gesê Maboe se uitgawes is omtrent R150 000, maar nie eens ‘n derde van die geld gaan vir hulle kind nie. Sy het hom beskuldig van finansiële mishandeling en het verskeie sosialemediaplasings gemaak oor hoeveel geld hy verdien.
Bronne: Briefly, The Citizen, The Africa
Lees ook: Monique Muller beskuldig Katlego Maboe van ‘finansiële mishandeling’



