NOORD-KAAP. – ‘n Man (42) is gister in die Kimberley-streekshof tot 25 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis. Hy het kinders tussen die ouderdomme van 7 en 13 jaar oud tussen 2019 en 2021 aan pornografiese materiaal blootgestel het en gemanipuleer om hulle tot seksuele dade te dwing.
Sers. Timothy Sam sê die beskuldigde het seuns en meisies na ‘n veld langs die Gariep-hospitaal in Eltoropark gelok en pornografiese video’s en foto’s vir hulle gewys.
Tydens sy voorbereiding met die kinders vir ‘n seksuele verhouding het hy hulle van kos, alkohol en kontant voorsien sodat hulle die gebeure ‘n geheim moes hou.
Hy is op 8 September 2021 in hegtenis geneem, waar hy deur bewysstukke wat deur ondersoekers ingesamel is, in aanhouding gebly het tot sy vonnisoplegging.
Sy naam sal in die nasionale register vir seksuele misdade aangeteken word.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



