Lees ook: Weerdiens waarsku teen hittegolwe
MATSHEPE, NOORD-WES. – Drie mans is op 27 September in hegtenis geneem vir beweerde ontvoering, moord, brandstigting en skade aan eiendom.
Ontlametse Masibi, (24) Itumeleng Lehulere, (37) en Mokgatle Sejake, (40) is in hegtenis geneem na die ontvoering en moord op ’n skaapwagter wat beskuldig is van veediefstal. Die man is naby die Magojane-plaas dood gevind die dag na die verdagtes hom glo ontvoer het.
Die verdagtes word ook na bewering verbind aan geweld wat in Matshepe in Augustus uitgebreek het. Verskeie huise, insluitend dié wat deur tradisionele genesers gebruik is, is aan die brand gesteek en twee voertuie is ook aan die brand gesteek. ’n Derde voertuig is beskadig.
Die verdagtes sal vandag in die hof vir hulle borgaansoek verskyn.
Bronne: IOL, News365, VN Explorer
Lees ook: Weerdiens waarsku teen hittegolwe



