Lees ook: Drie mans in Mfuleni doodgeskiet
SESHEGO, LIMPOPO. – ‘n Zimbabwiese man is glo Maandag in Seshego met ‘n skerp voorwerp vermoor. Die man is in ‘n straat langs ‘n taverne met ‘n steekwond aan sy bolyf gekry.
Die man is op die toneel dood verklaar. Die polisie het gesê die man het ‘n kamer in die gebied gehuur. Hulle is op soek na sy familie en vriende.
Die polisie het ook gesê niemand is nog in hegtenis geneem nie en die ondersoek duur voort.
Bronne: IOL, BNN Network
Lees ook: Drie mans in Mfuleni doodgeskiet



