Kyk: Buitelandse burger in voertuig doodgeskiet

Deel hierdie storie / Share this story
WES-KAAP. – ‘n Buitelandse burger is vanoggend omstreeks 08:00 in Bosmansdampad in Milnerton doodgeskiet.

Sers. Wesley Twigg sê na bewering het ‘n motorfiets langs die slagoffer gestop en verskeie skote op hom geskiet.

Die slagoffer is op die toneel dood verklaar.

Die Milnerton-polisiestasie ondersoek die moord waarvan die motief nog nie vasgestel kon word nie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel